GedenkVonk Museum
 
'n Projek van ToekomsVonk

VOLKSVERHALE


VRYWARING:
Die verhale hier vervat kon nie noodwendig bevestig word nie, maar is vertellings uit die volk se mond en is ook nie noodwendig die opvatting en siening van ToekomsVonk nie.


Volksverhale, m.a.w. Verhale uit die volk se mond.

Ons wil graag jou verhale bewaar vir ons nageslag.

Ons geskiedenis word uitgevee en verdraai. Daarbenewens gaan soveel verhale verlore, omrede dit nie opgeteken en bewaar word nie. Die geslagte wat nog die ou dae kan onthou, sterf en die verhale is dan vir ons nageslag verlore.

Dink net aan Ouma se resep vir heerlike beskuit met daardie iets spesiaals by; daardie resep gaan dalk saam met haar graf toe en niemand sal ooit weer van daardie presiese heerlikheid kan geniet nie.

Dink aan oupa se vertelling van hoe hy as jong kind saam met sy ma in ‘n konsentrasiekamp moes probeer oorleef. As ons dit nie neerskryf en bewaar nie, sterf daardie kennis saam met ons.

Dink aan die spookstories; al was sommige daarvan net versinsels, kon ek as kind vir ure na die oumense se stories luister.

Kom ons pen hierdie stories neer en bewaar dit vir ons nageslag. Storievertelling is deel van ons kultuur, dit was deel van ons grootwordjare. Kom ons gee aan ons nageslag die geleentheid om ook te deel in daardie wonderlike samesyn.

Kom ons skeur ons en ons kinders, al dan net vir ‘n uur ‘n week, weg van die televisie, speletjies op die fone en dra die kultuur van storietyd oor.

Kontak Englie Botha by englie@toekomsvonk.co.za vir meer inligting van hoe om jou volksverhaal met almal te deel en hoe dit hanteer en bewaar sal word.  

Dis tyd om die horlosie vir net ‘n paar minute te laat stilstaan en ons kultuur en erfenis te geniet.


Die liggie by die Kweperboom

 

Luister die storie hier



Lees die storie hier

Kliek hier om te lees