GVM0001: Rok vanuit die Voortrekker jare |
GVM0002: Rok uit die verlede |
Hierdie rok is deur ‘n dame (anoniem) geskenk. Die geskiedenis daarvan is onbekend. Daar kan duidelik gesien word dat dit handgemaak is en nie vir formele uitstappies gebruik was nie. Hierdie was iemand se gemaklike huisdrarok – nou in veilige bewaring. |
Hierdie rok is deur ‘n dame (anoniem) geskenk. Die geskiedenis daarvan is onbekend. Die rok dateer moontlik uit die 1940’s uit en is moontlik as ‘n nagrok gebruik. Wie ookal die dame was wat dit gedra het, het haar omvou met hierdie sagte materiaal en moes beslis baie vroulik gevoel het daarin. Dit is nou in veilige bewaring. |
GVM0003: Broek | GVM0004: Baadjie |
Hierdie uitrusting is gedra deur ‘n jong seun tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949.Skenker: Anoniem. Indien enige iemand meer inligting het, sal ons dit hoog op prys stel indien u kan kontak maak met Wesley Booyzen by e-posadres: wesley@toekomsvonk.co.za | Hierdie uitrusting is gedra deur ‘n jong seun tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949.Skenker: Anoniem. Indien enige iemand meer inligting het, sal ons dit hoog op prys stel indien u kan kontak maak met Wesley Booyzen by e-posadres: wesley@toekomsvonk.co.za |
GVM0005: Onderbaadjie | GVM0006: Koperplaat toekenning |
Hierdie uitrusting is gedra deur ‘n jong seun tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949.Skenker: Anoniem. Indien enige iemand meer inligting het, sal ons dit hoog op prys stel indien u kan kontak maak met Wesley Booyzen by e-posadres: wesley@toekomsvonk.co.za | Hierdie pragtige Koperplaat is oorhandig aan Mnr. A.J. van der Vyver (Oorlede) deur Delfos en Atlas Copco en Shaft Sinkers vir uitnemende maandelikse prestasie. Mnr. A.J. van der Vyver het 158.4m bereik ondergronds op 11 September 1987 met ‘n 8 boom skagsink kombinasie. Skenker: Die dogter van Mnr. Van der Vyver: T. van Niekerk |
GVM0007: Groepfoto van skagsinkers wat wêreldrekord behaal het | GVM0008: Volkspele foto - 1949 |
Groepfoto van skagsinkers (ingesluit op foto is oorlede Mnr. A.J. van der Vyver) wat wêreldrekord behaal het van 200.4 meter gesink ondergronds. Die rekord was op 15 November 1987 bereik by die Vaal Reefs myn in Noordwes. Skenker: Die dogter van Mnr. Van der Vyver: T. van Niekerk | Suid-Afrikaanse Volkspele by die amfiteater van die Voortrekkermonument. Die geleentheid het plaasgevind tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument gedurende die week van 16 Desember 1949. Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0009: Volkspele foto - 1949 | GVM0010: Volkspele foto - 1949 |
Vergroting van die uitstalling waarom die Volkspelers gedans het tydens die geleentheid. Ongelukkig is daar net van een van die 3 tonnels ‘n vergrote foto. Skenker: Me. T. van Niekerk | Suid-Afrikaanse Volkspele by die amfiteater van die Voortrekkermonument. Die geleentheid het plaasgevind tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument gedurende die week van 16 Desember 1949. Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0011: Volkspele foto - 1949 | GVM0012: Jim Muller Keurspel Nr. 5- Bladmusiek |
Suid-Afrikaanse Volkspele by die amfiteater van die Voortrekkermonument. Die geleentheid het plaasgevind tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument gedurende die week van 16 Desember 1949. Skenker: Me. T. van Niekerk |
Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0013: Huwelikslied - Bladmusiek | GVM0014: Sailor deur Virginia Lee (1927-1990)- Bladmusiek |
Woorde deur Elsabé Raats, gebore op 1924 - Musiek deur Harold Cobb. Skenker: Me. T. van Niekerk | Virginia Lee is gebore op 27 Junie 1927 in Port Elizabeth. Sy was ‘n Afrikaanse sangeres waarvan sy die treffer “Sailor” deur Petula Clark, oorgeskryf het in Afrikaans en opgeneem het. Sy het roem begin ontvang met haar Afrikaanse snit ‘Tien duisend myl’. Die gevolge daarvan was ‘Seeman’ wat sy ook in Afrikaans opgeneem het. Lee sterf op die ouderdom van 62 jaar (7 Januarie 1990). Bron: Virginia Lee (1927-1990) [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/virginia-lee-1927-1990/ [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0015: Min Shaw (1934-hede) Aandlied vir die Voëls - Bladmusiek | GVM0016: Leonore Veenemans: Liefste Madelein - Bladmusiek |
Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers, is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Sy is gebore op 26 November 1934 en was bekend vir haar treffers soos ‘Hoor my Lied’, Lied in my Hart, Jy is my liefling en Gee haar ‘n Roos. In 1968 kruis Lance James se pad met Albie Venter. Albie het die voorstel gemaak dat Lance en Min saam moet sing en die treffer “Bymekaar” was geskep. Bron: Lance James vier tagtig goue jare [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/lance-james-vier-tagtig-goue-jare-9/ [Aangehaal op: Skenker: Me. T. van Niekerk | Leonore Veenemans is gebore op 16 Februarie 1935. Sy maak haar deurbraak in 1969 met haar 2de album ‘Verre lande’ waar sy saam met die koor van die Suid-Afrikaanse Lugmag gesing het. Veenemans is oorlede in 1973. Bron: Dinamiet, D. Leonore Veenemans (1935-1973) [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/leonore-veenemans-1935-1973/ [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0017: Day by Day: Des en Dawn Lindberg - Bladmusiek | GVM0018: Sydney Richfield: Die Donkerstroom - Bladmusiek |
Dawn Silver, gebore op 14 April 1945 ontmoet haar man, Des Lindberg in 1962 by Wits Universiteit waar beide studeer het. Des en Dawn trou in 1965 en besluit om ‘n karavaan te koop en te toer. In 1973 bereik beide sukses waar hulle ‘n treffende musiekstuk, genoem ‘Godspell’, in Suid-Afrika publiseer. Dawn Lindberg is oorlede in 2020 weens Covid-19 en word oorleef deur haar man, kinders en kleinkinders. Bron: Lindeque, B. (2020) Remembering Dawn Lindberg – a South African Icon and Legend! [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.goodthingsguy.com/people/remembering-dawn-lindberg-a-south-african-icon-and-legend/ [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk | Donkerstroom het eerste plek behaal by die Afrikaanse Kunswedstryd (Johannesburg), in 1936. ‘n Spesiale prys was toegeken aan die komposisie wat geskryf was deur A.G. Visser en opgeneem is deur Sydney Richfield. Andries Gerhardus Visser, bekende skrywer in die Afrikaanse Letterkunde, is gebore op 1 Maart 1878. Visser was bekend as digter en skrywer. Visser sterf op 10 Junie 1929 aan ‘n hartaanval. Bron: Du Plessis, D. AG Visser (1878-1929) [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/ag-visser-1878-1929/ [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] Bron: Versamelde gedigte [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.dbnl.org/tekst/viss052vers01_01/viss052vers01_01_0016.php [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] |
GVM0019: Gè Korsten: Edelweiss - Bladmusiek | GVM0020: Rina Hugo - Bladmusiek |
Die treffer ‘Edelweiss’ was opgeneem deur Gé Korsten. Gérard Korsten, beter bekend as Gé, is gebore op 6 Desember 1927. Hy was ‘n bekende Suid-Afrikaanse sanger, maar voor sy musiekloopbaan was hy ‘n elektrisiën. Op 20 jarige ouderdom het hy in kore begin sing en in 1970 het Korsten eers voltyds op musiek begin fokus. Sy bekendste treffer was ‘Seeman van alle seemanne’. Gé Korsten sterf op 29 September 1999. Bron: Oberholzer, A. (2016) ‘n Terugflits na ‘n geliefde Afrikaanse sanger wat vandag 89 sou wees [Aanlyn Beskikbaar by: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Nuus/n-terugfits-na-n-geliefde-afrikaanse-sanger-wat-vandag-89-sou-wees-20170528 [Aangehaal op: 31 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk | Rina Hugo, gebore op 13 Maart 1949, is ‘n bekende Suid-Afrikaanse sangeres. Sy was deel van die film, ‘You Must Be Joking’, deur Leon Schuster, in 1986. Treffers soos ‘Troepie Doepie’, ‘Hierdie Jaar Met Jou’, ‘As Die Swaeltjies Huis Toe Kom’ en ‘Hier By My’, is van haar vele bekende treffers.
Bron: Rina Hugo Age, Birthday, Wikipedia, Who, Nationality, Biography [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.tvguidetime.com/people/rina-hugo-age-birthday-wikipedia-who-nationality-biography-91292.html [Aangehaal op: 31 Augustus 2021]
Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0021: Felix de Cola se Suid-Afrika se eie liedjies - Bladmusiek | GVM0022: Tahiti - Bladmusiek |
Felix Mendelssohn Ginsburg is gebore op 17 Desember 1906 te Kaapstad, Suid-Afrika. Felix was ‘n komponis, skrywer, pianis en onderwyser. Hy het in Afrikaanse, Engelse en Duitse skole klas gegee en was ook die stigter van klavierskole. Rolprente, musiekwinkels en teaters het van Felix gebruik gemaak as pianis in hulle produksies. Felix was betrokke by die Kaapstadse Simfonie en het getoer na Afrika en VSA met sy eie reeks, “Comedy in Concert”. Felix sterf op 26 April 1983 weens kanker. Bron: Felix De Cola [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.imdb.com/name/nm0208078/bio?ref_=nm_ov_bio_sm [Aangehaal op: 31 Augustus 2021] | Anton de Waal, gebore op 23 Februarie 1907, was ‘n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer. Hy het gereeld saam met Nico Carstens en sy orkes, sowel as Danie Bosman, verskeie treffers uitgevoer. De Waal het ook vir verskeie Afrikaanse rolprente geskryf, soos ‘Stadig Oor Die Klippe’, ‘Kimberley Jim’, ‘Jys Lieflik Vanaand’, ‘Geld Soos Bossies’, ‘’n Plan Is ‘n Boerdery’, ‘Daar Doer In Die Bosveld’ en ‘Kom Saam Vanaand’. De Waal het treffers soos ‘Tahiti’, ‘Hoe Lank – Hoe Lank’, ‘Getroue Kamerade’, ‘Altyd En Vir Ewig’, ‘Deur Hom Geskep’ en ‘Sterlig (Two Tears)’ geskryf. De Waal is oorlede op 21 Desember 1974. Bron: Anton De Waal [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.discogs.com/artist/818576-Anton-De-Waal [Aangehaal op: 31 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0023: D Steyn: Dankie - Bladmusiek | GVM0024: Skemer Liedjie - Bladmusiek |
Lance James, uitvoerder van die treffer ‘Dankie’, is gebore op 18 July 1938. Met meer as 70 albums, was hy wêreldwyd bekend vir sy musiek, diep stem en Stetson-hoede. Lance James, of ook ‘Big Daddy’, was eers ‘n radio-omroeper in 1954. In 1963 het sy musiekloopbaan eers begin waar twee groot treffers, ‘Hey Good Lookin’ en ‘Baby you’ve got it made’, vir hom roem gewerf het. Lance sterf in 2020 weens infeksie na ‘n heupvervanging. Bron: Meereieliefde (2020) RIP SA’s singing cowboy, Lance James [Aanlyn] Beskikbaar by: https://robynsassenmyview.com/2020/05/17/rip-sas-singing-cowboy-lance-james/ [Aangehaal op: 31 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk | Gepubliseer deur Carstens de Waal Publikasies te Johannesburg. Treffers geskryf deur Anton de Waal, Jan Pohl, Tommy Roering, Rhoda Barry, Nico Carstens en sy orkes, Louis Combrink, Freddie Luyt, Ginter Kotzé, Jock Stelling, Hofmeyr Human, Pierre Malan, Taffy Kikillus en Gilbert Gibson.
Skenker: Me. T. van Niekerk |
GVM0025: Chris Blignaut Sangbundel - Bladmusiek | |
Chris Blignaut, bekende Afrikaanse sangeres, is gebore op 27 April 1897. Blignaut se loopbaan het eers begin in 1930 waar hy ‘n kontrak met die Columbia-platemaatskappy onderteken. Blignaut was bekend vir komposisies soos ‘Die donkie’, Die apie sit en droom’, ‘Ou Ryperd’, ‘Bosveldbul’ en ‘Jan asseblief tog squeeze my’. Blignaut is op die ouderdom van 77 jaar oorlede op 21 Julie 1974. Bron: Dinamiet, D. Chris Blignaut (1897-1974) [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/chris-blignaut-1897-1974/ [Aangehaal op: 30 Augustus 2021] Skenker: Me. T. van Niekerk | |