GedenkVonk Museum
 
'n Projek van ToekomsVonk


Welkom by ToekomsVonk se aanlyn Museum

Om seker te maak dat ons skatte bewaar bly en nie gevandaliseer word nie, is hierdie Museum opgerig.

Die tentoonstelling word vir hierdie rede en jou gerief, aanlyn gedoen.


.

Ons vergeet so maklik van ons helde, ons erfenis en laat na om daardie herinneringe aan ons nageslag oor te dra en vir hulle ons erfenis te bewaar.

Mag ons nooit deel wees van diegene wat dink ons geskiedenis, ons erfenis, ons taal, is onbelangrik, nie.

 

Die GedenkVonk Museum staan reg om daardie beker van jou ouma, die boek van jou pa, die verhaal wat oupa vertel het, die koerant wat jy gehou het, daardie ou rok van ‘n geliefde tante, in te neem en in veilige bewaring te plaas.

 

'n GedenkVonk Sertifikaat sal aan jou uitgereik word as 'Bewaarder van ons Afrikaanse Erfenis'.

 

Word deel van die behoud van ons verlede, vir almal in ons toekoms.

 

Vir meer inligting, kontak Englie Botha by englie@toekomsvonk.co.za